Boek 6 – Die Geestelike See – Ron van Zyl
R250.00
Op die tyd wat Ron van Zyl hierdie boek geskryf het, het hy die boek ‘The Spiritual Man’ in die hande gekry. Die boek is geskryf deur Watchman Nee. Die boek was vertaal in hoog Engels uit Chinees uit en lees geweldig moeilik. Maar Ron het deurgedruk en was verstom dat Watchman Nee presies die laer natuur van die mens beskryf as ‘n see. Net soos hy dit ook beskryf in sy boek Die Geestelike See. In sy boek haal hy gereeld vir Watchman Nee aan en teken baie prentjies waarmee hy ons help om ons eie laer natuur en emosies te verstaan. Hy help ons verstaan dat God van ons verwag om te reggeer oor ons laer natuur en dat God nie wil he dat ons onbeheerst en sonder selfbeheersing moet lewe nie.
Hy beskryf hoe ons moet reggeer en wat die Bloed van Jesus hiermee te doen het.
Die boek is ‘n moet lees en sal jou lewe verander.
Lees die voorwoord hier.
Die boek het 323 bladsye en is gedruk in kleur en gebind met plastiek kammetjie.
Reviews
There are no reviews yet.